I Love You
After all this time. I still love you. It’s always been you.
It was you yesterday. It was you today. It will be you tomorrow.
And for the rest of my life, it will be you.
I Love You
Wagner Bruilof
Losberg Lodge, Fochville
Om julle beplanning so maklik moontlik te maak, het ons die belangrikste besonderhede hieronder saamgestel. Klik op die skakels vir aanwysings na die venue en akkommodasie-opsies in die omgewing.
"Moenie by my aandring om jou te verlaat en van jou af weg te draai nie; want waar jy gaan, sal ek gaan, en waar jy bly, sal ek bly. Jou volk is my volk en jou God is my God."
- Rut 1:16
FYNER DETAIL
SEREMONIE
Gaste word vanaf 14:00 verwelkom.
Seremonie begin om 14:30.
KLEREDRAG
Smart Casual
Ons nooi julle uit om gemaklik, maar netjies en stylvol aan te trek.
Dink aan 'n elegante somervoorkoms wat geskik is vir 'n troue, sonder om té formeel te wees.
RSVP DATUM
Liewe familie en vriende, ons sal dit baie waardeer as julle asseblief voor of op die aangeduide datum kan RSVP.
Indien ons teen daardie datum geen terugvoer ontvang nie, sal ons aanneem dat julle ongelukkig nie die spesiale dag saam met ons kan vier nie.
BEVESTIG ASB TEEN 1 SEPTEMBER 2026.
BELANGRIKE INLIGTING
Koelbokse is welkom.
Plaas asseblief jou koelboks netjies onder jou tafel en hou dit uit die looppaaie sodat almal gemaklik kan beweeg.
GESKENKWENS
Die mooiste geskenk wat ons kan ontvang, is om hierdie spesiale dag met julle te deel.
Vir dié van julle wat graag 'n geskenk wil gee, sal 'n bydrae tot ons wittebroodfonds opreg waardeer word terwyl ons saam aan hierdie nuwe avontuur begin.